top of page
  • Izak de Vries

Chanette Paul se EWEBEELD bekendgestel

Ons het op Donderdag 6 November Chanette Paul se Ewebeeld by SASNEV bekendgestel.

14 11 06 Chanette Paul_023

Chanette Paul, belle of the ball. Sy sê Ewebeeld gaan oor 'n meisie wat uitvind nie alle sprokies eindig gelukkig nie.


14 11 06 Chanette Paul_002

Johan Hugo, van Protea Boekwinkel in Rondebosch, het die boeke verkoop. Hy het baie moeite gedoen om hulle mooi te laat lyk.

14 11 06 Chanette Paul_008

Hier is Johan saam met Eureka Barnard (links) en Chanette. Eureka is die hoof van SASNEV. Johan het vir Chanette blomme gekoop.

Die aand het afgeskop met Chanette se skyfievertoning oor haar navorsingsbesoek aan Nederland en België. SASNEV was nou betrokke by Chanette se reisreëlings.

14 11 06 Chanette Paul_013

Selfs ek was daar. Euereka het dié foto geneem.

14 11 06 Chanette Paul_014

Martin Steyn, die skrywer van Donker Spoor, was ook daar.

Helené Prinsloo, van BooksLive, het die geleentheid gedek.

14 11 06 Chanette Paul_032

Die personeel van Valhalla Park se opnbare biblioteek het vir Chanette kom ondersteun. Hier is Asterid Pillay (links) en Alan Kannemeyer by Chanette.

14 11 06 Chanette Paul_035

Jeanette Fouché, ’n lid van die Facebook groep Lekkerlees Boekrak, het deelgeneem aan ’n kompetisie op Lekkerlees Boekrak en het die drieluik, Siende Blind, Raaiselspieël en Ewebeeld, gewen – met die komplimente van LAPA. Jeanette se Dans met die duiwel se broer is op Amazon beskikbaar.

14 11 06 Chanette Paul_044

Quintus van der Merwe, die skrywer van boeke soos In landsbelang, was ook daar.

* * *

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page