top of page
  • Uitmelkbos

CARL GROOTLIEG – VIR OULAAS


Vanoggend ploeg ek met anderman se kalwers. Die “alternatiewe” titel vir Carl Niehaus se boek kom van ‘n spitsvondige vriend wat in sy lewe ‘n menige trefferopskrifte vir Huisgenoot en Volksblad geskryf het, Ollie Olwagen. Die “gedokterde” omslag kom van Hildegard Martin van Melkbos se behendige rekenaar, op HvD se diaboliese versoek.

‘n Mens voel om die vuisvose Carltjie nou uit te los – laat hom maar in stilte in sy eie vet braai – maar vir hierdie laaste stoutigheidjie uit Melkbos was die versoeking darem net te groot; veral na daardie holrug-geryde selfverontskuldiging dat alles net apartheid se skuld is.

Met apologie aan die oorspronklike ontwerper van die omslag , ene Wiekie Theron, die uitgewers Human & Rousseau wat Niehaus in 1993, soos die Engelse se, so vir ‘n “ride gevat” het met sy ontboesemings oor sy “lang pad van selfontdekking” … en aan almal wat dink: nee aarde, dis darem ‘n onnodige hou onder die belt hierdie.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page