top of page
  • Izak de Vries

But will it stand up in court?


Zapiro praat oor sy boek

Zapiro het gisteraand sy nuwe boek But will it stand up in court? bekendgestel by die The Book Lounge in Roelandstraat. Die plek was stampvol.


Die omslag is natuurlik deur Brett Murray se “The Spear” geïnspireer. Zapiro en Murray was saam op Rondebosch Boys High. In Zapiro se woorde: “He was a great artist, then already. I was this kid doodling in the margins. I guess it’s still the same!”


Zapiro in volle vaart

Zapiro is ongetwyfeld een van die land se bekendste koerantpersoonlikhede – deels waarskynlik weens die feit dat Jacob Zuma ontsettend veel doen om Zapiro se naam die hele tyd in die nuus te hou. Tog is hy steeds nederig en só gemaklik met Jan Publiek. Hy het selfs om verskoning gevra dat nie meer seker was hoe om naam te spel nie. (Ek bedoel...)


Zuma Exposed

Ek het nogal gewonder hoekom die boek Zuma exposed se prominent uitgestal is?


'n Glasie op oorwinning

Dat die saak teen hom teruggetrek is, het natuurlik hierdie boekbekendstelling in ’n feestelike geleentheid omskep.


Mervyn

Mervyn, die grootbaas van The Book Lounge, se afskeidswoorde was: “Zapiro, fuckin’ respect!”

Ná die tyd het Zapiro vir ’n baie lang tyd boeke geteken en elke enkele persoon laat spesiaal voel. Ek stem saam met Mervyn.

* * *

Iets oor die foto’s: Die heel eerste foto waar ek die boek se omslag op die skerm het, en die een van Mervyn, kort ’n verduideliking. Dit is onmoontlik om die mense in die winkel én die skerm korrek te belig. Ek het dus van elke foto twéé JPGs gemaak (ek skiet net in RAW). Die eerste JPG is om die mense te belig, die tweede JPG was erg onderbelig, totdat die skerm goed gelyk het.

In Photoshop het ek toe die donker foto opgemaak en die helder foto as ’n volgende laag bo-op geplak, toe het ek eenvoudig die oorverligte skerm uitgevee.

Ek het my Canon 7D gebruik en my Canon 24 – 105 f4 L IS USM lens. Ek het op M (Manual) geskiet die ISO was 3200.


geteken
0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page