top of page
  • Uitmelkbos

BUFFEL-WYSHEID


Dis ‘n storie wat via ‘n nie-drinkende vriend in Kwazulu-Natal by my aangekom het, en ek deel dit graag t.w.v. die gemoedsrus wat dit kan bring:

” ‘n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word, is dit die stadigste en swakste agter wat gevang word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel, want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid.

“Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel.

“Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle, maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en doeltreffender laat funksioneer

“… en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na ‘n paar doppe!”



1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page