top of page
  • Uitmelkbos

Brief uit Melkbos

Liewe vriende

Die tradisionele Kers-CD uit Melkbos het gesneuwel in 2016, die jaar toe Tokkie 70 en ek 75 geword het. Die tradisionele Kers- en Nuwejaarsbrief uit Melkbos met ‘n verslag (en selfs ‘n foto of twee) van die jaar se wel en wee in die Van Deventerkamp het voortgeleef.

Dalk sou dit ‘n netjieser afronding gewees het as ons die brief tot 2021 bly stuur het. Tokkie bereik dan die geseënde baken van 75 en ek die ouderdom van 80 – die jare van diegene wat “baie sterk is,” aldus Die Bybel (D.V.) Ons het egter van sulke ambisies afgesien.

Vanjaar dus geen uitvoerige epistel uit die Van Deventerhuis nie. Ook in daardie opsig het die tyd na ons oordeel aangebreek om, soos op ander terreine, ‘n streep te trek.

Wel kan ons, ondanks enkele stampe en stote, dankbaar van vele seëninge in 2019 getuig. Ons gaan met dankbare harte Kersfees tegemoet.

Ons hoop is dat ons almal oorvloedige seën sal geniet en in hierdie uitdagende tyd vir Suid-Afrika tog wel vrede en vreugde sal ervaar. Mag die nuwe jaar gelukkig, gesond en voorspoedig verloop.

Hennie en Tokkie

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page