top of page
  • Uitmelkbos

BOVRIL EN VONKELWYN


Verjaardag-omelet.


Wie kan haarfyn sy of haar ontbyt van 54 jaar gelede onthou? Wel, ek onthou myne van 3 Januarie 1962. Was my mondigwording.

Ek het as vakansiewerker in ons Goudveldse kantoor in Welkom afgelos. Het by ‘n jong egpaar Horak geloseer. Die oggend verras die oulike mev. Horak my met ‘n omelet. Sy het met Bovril ‘n groot 21 daarop geskryf.

Op 4 Januarie 2016 het die oulike mev. Van Deventer my met ‘n replika verras. Die syfer is helaas nie meer 21 nie. Vinnig gegroei tot 75.


Johan, Mariza en Migael van George klink saam met my en Tokkie 'n vonkelwyntjie.

Johan, Mariza en Migael van George klink saam met my en Tokkie ‘n vonkelwyntjie.


Laat my nie in Facebookstyl te veel uitwei oor die verjaardag dag se spyskaarte nie. Mag ek wel maar meld die besonderse vonkelwyn die middag by die piekniekplek?

Fyntjies gegarneer met hibiskusblommetjies wat spesiaal deur skoondogter Mariza uit die Suid-Kaap vir die doel saamgebring is.

Het die ou man sommer dubbel spesiaal laat voel so met die bereiking van die driekwarteeu saam.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page