top of page
  • Uitmelkbos

BOS-KOK-KEDOOR

‘n Kokke-door wat met koskantoor, is ek hoegenaamd nie.  By die huis wag ek nie my hand aan ‘n koppie tee nie. Tokkie doen dit eenvoudig beter. Dankie tog. 

 Maar dom of lui, aan die onwaarskynlikste mens doen Tarlehoet soms snaakse goed.  In Sabiepark raak selfs die uwe by geleentheid speel-speel eksperimenteel.

 Vir die vakansie (nou net vier slapies weg) het ek vooraf so in my stilligheid ‘n paar bos-geregte uitgedink wat ek graag vir my liewe vrou en  gaste sal wil opdis. Sy verdien ‘n bietjie bederf!

 Moet tog net nie dat laasgenoemde agterkom nie, asseblief.  Dalk skrik dit hulle af!

 Hier is my spyskaart – probeer dit gerus as jy in ‘n avontuurlike bui is.  Ek is nie een van daardie wat my kers onder die blaker hou en my resepte in ‘n kluis wegsteek nie.  Ek lieg ook nie oor bestanddele om resep-bedelaars op ‘n dwaalspoor te bring nie.

Sop van die dag:

 Waterskilpad in sy dop

met paddavoete vir die skop.

Die Bosveld-omelet:

 Roer-reiereier

in galsterige seekoeivet!

Potjies van die dag:

 Fyngemaalde bobbejaan

gemarineer en sterk gegeur

met koedoekoei se lewertraan.

 Vlakvark-otjie-potjie 

met suur wilde uintjies

uit die veld se rotstuintjies. 

Vir tussen die gange:

 ‘n Skaar halfgaar mambaslange

vars gevang in mamparralange.  

Die “spesjil mieks grill”:

Die teelsak van ‘n buffelbul 

gevul met repies krokodil!

Vir nagereg, moenie vra:  

 Geniet tot hul jou weg moet dra:      

HvD se son-gegiste maroe-la

met loperige bokmelk-vla.  

  Se-la.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page