top of page
  • Izak de Vries

Boeke op snaakse plekke

In my gesprek oor die toekoms van boeke, hieronder, noem ek toe die e-boek, waarop Michelle kommentaar lewer en sê dat ’n boek in die bad of bed darem lekkerder is as ’n skootrekenaar.

Dit laat my toe dink aan die volgende storie: Ek het jare terug ’n huis opgepas van iemand wat aan Etienne van Heerden bekend was. (Ek was nog ’n student.) Daar, in die toilet, sien ek toe hulle kopie van Etienne se magistrale werk, Casspirs en Campari’s lê.

’n Paar dae later noem ek dit aan Etienne en sê dis goed om te sien dat sy vriende darem die boek lees, waarop hy ewe lakoniek vra of ek mooi gekyk het of al die bladsye nog daar is? Vertel asseblief vir my waar julle graag lees!


(Ek het Casspirs en Campari’s gelees terwyl ek in daardie ellelange toue gestaan het om te registreer as student, lank voor ek nog vir Etienne ontmoet het.)

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page