top of page
Izak de Vries

Boeke-Insig nie meer nie

Ai mense. Ek kry vandag hierdie e-pos:

Beste gewaardeerde Boeke-Insig lid Baie dankie vir jou ondersteuning van Boeke-Insig, die tydskrif en die Boektafels, die afgelope paar kwartale. Ongelukkig gaan die tydskrif nie voortbestaan in sy huidige formaat nie, maar word dit voortaan geïnkorporeer in die uitgebreide boekeblaaie van ons koerant- en tydskrif-kollegas, onderskeidelik Rapport en Huisgenoot. Ongelukkig was die Herfs 2009 uitgawe van Boeke-Insig ons laaste. Daar sal dus nie ’n volgende uitgawe van Boeke-Insig in sy huidige formaat verskyn nie. Die Boeke-Insig kantoor sal binnekort per pos met jou in verbinding wees met amptelike kennisgewings, en om te reël vir die terugbetaling van alle verskuldigde geld óf dat jou intekening vir ’n ander Media24 tydskrif verruil word. Ons glo dat boekenuus en stories om boeke en skrywers eersdaags net soveel en nog meer aandag sal geniet. Sterkte en beste wense en lekker lees! Irna van Zyl Redakteur

Ek is bly die Pers gaan nog steeds moeite doen in hulle ander tydskrifte, maar hoekom doen boeke so sleg in Suid-Afrika?

2 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page