top of page
  • Uitmelkbos

BLIKSEM, OOMS!


 Hy vra toe: Hoeveel van julle het meer as een e-pos-adres? Waaragtig, 25% of wat se hande was weer in die lug. Maar dt was  ‘n gehoor van alle ouderdomme.  Vir oumense was digitale avonture in die algemeen toe nog ietwat ongehoord.   

 Enkele jare later luister ek na ‘n inbelprogram op RSG.  Freek Robsinson was toe nog nie by Kyknet nie (dalk was daar nog nie eens ‘n Kyknet nie) Freek is die programleier en die vraag handel oor seniors se vernuf met die groeiende nuwe medium.

 ‘n Man bel van iewers inNatal; Ladysmith, meen ek.  Hy vertel hy sit nou hier in sy motor op sy vrou en wag en handel vinnig ‘n klompie besigheid op sy drarekenaar (leptoppie) af. Watse besigheid?  Veral banksake. Hy skuif geld van sy tjekrekening na ‘n spaarrekening, kontroleer fakture, betaal rekenings … daardie klas ding.

 Hoe oud is u?

 Vyf-en-sewentig.

 Bliksem, Oom! Voordat Freek hom kon keer, was die woorde oor sy lippe en oor die eter.

 In my vorige blog vertel van die 80-plussers met wie ek en Tokkie in die laaste weke skouer geskuur het.  Agterna wil ek vir hulle inlig oor die blog waarin hul name vermeld word. Toe tref dit my: ek kan vir die leste een  sommer ‘n e-possie stuur.

 Ek noem liewer nie die adresse nie – net twee is ongetroud. Name noem ek graag: Wiets Beukes (links bo) , Danie Grundlingh (links onder), Ronnie de Bruin (middel) , Ben van Rensburg (regs bo) en Jan Venter. (regs onder). Ouderdomme wissel tussen 86 en amper 80.  

 Bliksem, ooms!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page