top of page
  • Uitmelkbos

BERGE, BERGE DRUIWE


Net voordat ons ry Slanghoevallei toe vra my vriend Koos Myburgh: “Ry julle oor Bainskloof?” Daar en dan besluit ek: dan maak ons so.

 Dit was vyfster. Beveel die roete sterk aan vir ‘n daguitstappie of langer.  Via die skilderagtige Bainskloofpas (by Wellington) benader jy dan die Slanghoekvallei van Bergsig-kelder se kant.  Jy ry verby Opstal, Breëland, Slanghoek, Jason’s Hill en Badsberg na Rawsonville. Daarna ry jy huis toe via DuToitskloof.

As jy wil oorslaap (Goudini-Spa en die Slangoek-bergoord is maar twee moontlikhede) kan jy ook die Louwshoek-driehoek ry (Goudini, Merwida, Avondrood, Dashbosch en Kirabo), en/of die Breederivier-roete (Olofsberg, Botha – sy Dassies is nog altyd goeie waarde! – Waboomsrivier, Bergsig, Lateganskop, Mountain Ridge.)

Op die R101 is die kelders Lorraine, Du Toitskloof, Du Preez en Groot Eiland.

 Waarlik kelders te kus en te keur. Maar die mooiste is die sielstrelende landskappe: reuse-berge en uitgestrekte wingerde tot teen die pad. En die berge druiwe op pad kelders toe.Moenie uitstel nie.    

 Slanghoekvallei is dalk die Kaap se blinkste onontdekte juweel, terwyl die verkeer voet in die hoek op die naasliggende N1 verbysnel.  


1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page