top of page

BELYDENIS VAN ‘N BLOG-SADIS

Uitmelkbos

In elke besielde blogger skuil natuurlik ‘n streep sadisme. Dis heerlik om meedoenloos op lesers af te laai wat, volgens jou, vir hulle onontbeerlike blog-stof behoort te wees, “newwermaaind” hoe hulle oor die ou sakie voel.

Vanoggend bely ek dat daardie sadisme in my are vrek naby gekom het om soos ‘n olie-stroom uit te bars Ek wou julle met nog foto’s van ons Sinfoniavaart saam met die tweeling looi.

Op nommer 99 kry Dr. Jekyll in my toe die oorhand bo Mr. Hyde. Ek sal julle goedhartig daardie beteistering spaar. Die volgend bydrae sal wees oor die skof met die Shosoloza Meyl, wat … nou-ja … ook gedenkwaardig was (as dit die regte woord is).

Vir diegene wat graag kiekies kyk, is n vinnige skakel na my Sinfonia-album egter die volgende:

‘n Ander pad is om na die tuisblad van www.hennievandeventer.com te gaan en dan op Picasa-albums te klik. Bring jou by dieselfde bestemming.

Maar, mense, die ingeboude mooiigheid in hierdie benadering is dat jy albei skakels kan ignoreer en eenvoudig voortgaan met jou lewe sonder om weer na een van HvD se boot-foto’s te kyk.

Wys jou, ‘n blogger is nie net ‘n bokker nie!

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comentários


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page