top of page

Ballade van ’n mynwerker

Izak de Vries

Dit was Johannes Kerkorrel, daardie profeet waarna niemand wou luister nie, wat begin het met die ambagstorie.

In sy lied “Ballade van ’n mynwerker”, van die cd Bloudruk, is daar ’n verteller wat sê:

Ek werk hier in die myn die droogte het ons plaas gebreek (...) ek leer hier vir my ambag miskien gaan ek eendag weer boer

Die res van die lied gaan oor die jong man wat een maal ’n maand wegbreek om te gaan drink saam met die “veterane van oorlog” en dit “vir die kans om net eenkeer te leef”.

Ek het Kerkorrel gesien tydens sy instant blue karma-toer toe hy Bloudruk bekendgestel het. Dit was die beste van vele optredes waarin ek hom gesien het. Vir die kans om net eenkeer te leef ... Ai.

Kalahari verkoop op die oomblik hierdie cd teen ’n gek prys. Kliek hier om te bestel.

1 view

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page