top of page
Uitmelkbos

BAL-HORIGE BALLONNE

Watter tonele in Jamie Uys-flieks het my laat lag? Die antwoord op hierdie vraag verskyn gedeeltelik in my vorige blog.

Watter toneel uit hope wat baie snaaks was, het Jamie Uys self die lekkerste laat lag? Die antwoord verskyn in my boek Byl in my bos (Griffel-Media), waarin anekdotes voorkom oor tydgenote wat reeds uit my “bos”: gekap is. Een van hulle is dié kampioen-filmmaker wat op 29/1/1996 oorlede is.

Ek haal uit Byl in my bos aan:

“Elkeen uit die Jamie Uys-era het ‘n gunsteling-toneeltjie uit ‘n Jamie-rolprent wat hom die lekkerste laat lag het. Vir party is dit iets sy eerste, Daar doer in die Bosveld; vir party uit sy laaste en grootste sukses, ook internasionaal, The Gods must be crazy.

“Wat het die veteraan-rolprentmaker se eie lagspiere die messte geprikkel? Die vraag het hom geen oomblik laat twyfel nie. Dit was in Funny People: die toneel van ‘n man se gespartel om ‘n klomp gribbelrige balonne te verpak.

“Die papier was te klein en die tou te kort. Maar onderkry was min. Met toewyding en konsentrasie het hy deurgedruk totdat die spulletjie netjies toegewikkel was.

“Net toe verskyn Jamie se skoonseun met ‘n stempel. So ver soos hy stempel, hoor jy net balonne bars. Die pakker het hierdie onverwagte verwikkling onbegrypend betrag. Maar toe ‘n balhorige ballon uit die pakkie peul, was hy rats by om dit op te raap en terug te dwing – net om ook aan flarde gestempel te word.

“In sy versteekte kas het Jamie so gelag dat die kamera geruk het. Die pakker het nooit ‘n woord gesê nie, maar net die manier waarop sy oë dan op, dan af gelits het, het sy eie storie vertel.”

Snaaks ja, maar ek wonder tog hoeveel mense sal met Jamie saamstem dat die ballontoneel sy heel snaakste was.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page