top of page
  • Izak de Vries

Badtyd

Kassie het nou net dié blog gelees. Hy bel my toe. Sy vrou is op pad huis toe en die kleinman is so opgewonde hy’t gesukkel om aan die slaap te raak. Dis hoekom Kallie my nou bel om te vertel oor badtyd.

“Die punt is,” sê Kassie. “Dis alles goed en wel om al my slimgeid op jou blog te sit, maar ek dink jy moet meer oor die lewe skryf. Die politieke goed is lekker om debat te stook, maar wat van die alledaagse?”

Jy sien, Kassie is ’n filosofiese kêrel, veral as hy eers ’n bietjie Coke met ’n tottermaatjie KWV-driejaaroud in het.

“Goed,” sê ek. “Wat bedoel jy?”

“Nee, al wat ek wil hê is jy moet vir die lesers vra hoe ’n vyfjarige seuntjie dit regkry om te bad, die hele vloer nat te mors en tien minute later uit te klim sonder dat sy gesiggie eers ’n druppel water op het?”

'n Goeie kopkrapper vir ’n Maandagoggend, dink ek toe. Maar ek wil steeds hoor wat julle sê oor die dilemma van my middelklasvriend en aanvalle op buitelanders (sien die vorige inskrywing).

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page