top of page
  • Uitmelkbos

Applous

Daniel Hugo skryf oor Vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte, deur Breyten Breytenbach. (Rapport Boeke) Die moeilikste opdrag wat ’n Afrikaanse resensent kan ontvang, is om ’n nuwe werk deur Breyten Breytenbach of Marlene van Niekerk te moet resenseer. Om dan nog as digter ook oor eersgenoemde te moet skryf, is ’n bykomende probleem. Daniel Hugo is as digter iemand wat fyn kan kies. Sy strategie met hierdie resensie is dan ook dié van iemand wat weet waarvoor hy hom inlaat, en dan besluit dat hy hom aan niks gaan steur nie – hy sal sy bewondering uitspreek soos hy wil. Die gevolg is ’n resensie waarin hy wys dat hy bewus is van die gebreke in Breytenbach se verse, maar sy waardering vir dít wat die digter doen is só oorheersend dat mens dadelik besef dit is binne die groter prentjie eintlik beuselagtig. Die interessantste opmerking wat Hugo vir my maak, is “Breytenbach se oeuvre kan as een groot groeiende gedig gelees word.” Ook: “Hy is ’n kosmiese oerkrag waarsonder Afrikaans ondenkbaar is.”  Uiteindelik het ek die resensie ’n dag neergesit en weer gaan lees. Dit is vir my verkieslik dat resensies ’n kritiese gees moet toon. Hierdie resensie doen dit – maar dit doen ook iets wat soms veel moeiliker is. Dit spreek bewondering en dankbaarheid uit op ’n manier wat self applous verdien.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

留言


bottom of page