top of page
  • Litnet Blogs

Antipodea

O Oseaan van treur

Wis jy ooit wat gebeur?

Siele stroom om op jou rots te breek

Mense wat vir hoop kom steek

Kruis en dwars

Oos wes bars

daar boot na skip na vlug

soos stomme stikke deur die riete sug.

Hoor jou winde stom gebede?

Luister fluister voëls na lede

van flentermanskappe,

of mense met hul sakke

pak vol drome, tog net verdriet,

op hierdie land word als tot niet:

As van beginsels

Nag van ambisie

Stof van drome

Dronk op skuldlone,

Als en almal is

gelyk

op hierdie

rots

Dan is mens nou trots -

Vaders, versoek nie jul kinders

hierdie half-droom land.

2 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page