top of page
  • Izak de Vries

Antieke wesens

Op 30 September was die Flintstones 50 jaar oud, of jonk, afhangend hoe jy na hulle kyk.

Vir die jeug van vandag is alles wat oor 25 is in elk geval antiek, dood en argaïes, soos die karakters waarop die Flintstones gebaseer is.

Die van julle wat Sonja Loots op Facebook volg, sal weet dat sy de moer in was toe die studente van UCT nie weet wie Meatloaf is nie. Ek vra toe vandag die mooi, jong au pair, wat my seun kom oppas het, of sý weet, maar die gevolge was voorspelbaar: “Nee. Is hy Old Skool?”

Nou, ja. G’n wonder sy kyk nie na my soos ek na haar kyk nie ...

(Dis net in stories waar au pairs vir die pa val, in my huis gebeur dit nooit.)

Die kollektiewe De Vries-manne het haar egter teruggekry toe ons vir knaap (nou sewe) vra of hy kan raai hoe oud die agtienjarige au pair is? Ja, sê hy sonder ’n sweempie ironie. Sestig.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page