top of page
  • Uitmelkbos

ANDER SOORT MIDAS

Alles waaraan die mitologiese Griekse koning Midas (foto bo) geraak het, het in goud verander.

Ton Vosloo van Naspers het gepraat van ‘n Sanitêre Midas. Alles waaraan die arme ou geraak het, het ook in iets anders verander – na voorkoms en reuk van ver van goud!

Elke mens wonder seker maar soms of hy/sy nie ‘n streep van Ton se ander soort Midas in hom het nie. Jy koop eiendom met pryse op ‘n hoogtepunt. Net daarna maak die grafiek ‘n duik. Of ‘n sekere aandeelprys vuurpyl boontoe. Die oomblik as jy koop, begin die “regstelling”.

Die uwe het meermale sy vingers so verbrand.

Op die oomblik is daardie besigheid met die Wildkaart die dinges in die drinkwater. Sanparke neem die Wildkaart (wat toegang tot nasionale en ander parke verleen) uit die bloute by Infinity oor, met klaarblik heelwat onmin in die lug.

Hoe lank sien ek nie al daarna uit om 70 te word nie, die magiese ouderdom vir die verkryging van ‘n lewenslange Wildkaart – ‘n

voordeel wat verskeie natuurliefhebber-vriende reeds korter of langer geniet.

Maar nou, met HvD70 in sig (nog net twee maande van 69 wees!), kan ek dit op my maag skryf en met my hemp doodvee, soos my Ouma Visser altyd gesê het. Die lewenslange Wildkaart is een van die eerste voordele wat met Sanparke se oorname sneuwel.

Dus: kyk noord en betaal voort – dis mos die Wet van Transvaal, en klaarblyklik ook nou die Wet van Sanparke.

HvD verjaar op 3 Januarie. Hy mis uit met net drie dae. Drie dae! Hemel, pa en ma!

Fluister iemand iets van ‘n Sanitêre Midas?

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page