top of page
  • Izak de Vries

Ander dink ook Naweek is lekker

Twee bloggers het my voorgespring en baie goeie resensies van Naweek geplaas.

Naghings was eerste. Dié ou lees wyd – kyk ’n bietjie waaroor hy alles berig op sy blog. Verder ken hy ook sy musiek. As hý dus beweer “Naweek is vir die jonger leser wat Fokofpolisiekar vir Afrikaanse rockmusiek was”, dan sou ek sê julle kan maar weet hier’s ’n lekker ding! (Kliek hier vir sy resensie.)

Droomkind was tweede – sy het dit gelees na aanleiding van Naghings se gesprek. Nou, julle weet ek het ’n sagplekkie vir dié intelligente onnie, so die feit dat haar resensie óók sê dis ’n goeie boek, versterk my oproep dat julle dit moet lees. Sý beweer Maanhaar (die hoofkarakter in Naweek) is ’n nuwe soort tragiese held. En weet julle wat? Ek dink sy’s reg. (Kliek hier vir haar resensie.)

Laastens ’n verskoning: Jammer dat ek so min uitkom by “blogetiket” – soos antwoord en kommentaar lewer, en dies meer. Om egter te beweer dit gaan vinnig by die De Vriese, is soos om te sê mense praat oor Julius Malema.

Die uwe is al weer op pad Gauteng toe – die vliegtuig se motore draai al. Hopelik sal dié besoekie oor ’n paar jaar beter dosente in ons FET-kolleges tot gevolg hê. (Sê Izak met ’n droom in sy oë.)

Lekker lees en lekker blog.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page