top of page
  • Uitmelkbos

AGTER PAPIERGORDYN

Watter koerantman het vir PW Botha gese: “U se moer ook “? Watter een het hom, in sy eie woorde, aan PW “afgesmeer”? Wie is met koekies en tee in Libertas onthaal … en toe bars ‘n bom?

Geheimpies soos hierdie word verklap in “Koerantkamerade”, my nuwe boek, wat so saam met die lente sy buiging by Naledi gemaak het. Ook antwoorde op politieke prikkelvrae soos: Wie het ‘n jong Botha afgeraai om joernalis te probeer word? Wie het sy kabinetskuiwe tot Botha se gramskap in rooi pajamas uit ‘n hospitaalbed voorspel?

“Koerantkamerade” bied ‘n intieme blik agter die papiergordyn aan die hand van ʼn 50-stuks gemoedelike en informele “grafskrifte” van ontslape tydgenote in die perswese. Die galery van pers-persoonlikhede sluit in van die bekendste joernalistieke name van die goue jare van koerante van 1960 tot 2000, maar ook onbekende agter-die-skerm-mense. Die hele spektrum word gedek: van koerantverkopers tot korrespondente tot redakteurs en direkteure.

‘n Kernelement is talryke humoristiese anekdotes. Die sluier word ook gelig oor allerlei intriges in nuuskantore en direksies.

Die boek van 300 bladsye word opgedra aan “almal wat lief is vir koerante en oor die mense agter die papiergordyn wonder.” Dit bevat ‘n spesiale ekstra fotoseksie van 20 bladsye. Talle van die foto’s is nog nooit tevore gepubliseer nie.

“Koerantkamerade” word gepubliseer in samewerking met Nagkantoor en word ondersteun deur ‘n ruim subsidie van die LW Hiemstratrust. Danksy die subsidie kon die prys tot R220,00 beperk word.

Bestel dit by Tertia Swart-078 648 8616/ tertia@naledi.co.za of naledi.co.za(Naledi se webtuiste). “Koerantkamerade” sal weldra ook op die rakke van voorste boekwinkels landwyd te koop wees. Hou dop vir die omslag met die gevoude skippie van koerantpapier wat op die waters dobber.

(Nog enkele vrae oor koerantmense wat in “Koerantkamerade” beantwoord word: Watter bekende koerantman het in Finland hout gekap, in België by ʼn mosterdfabriek en in Duitsland in ʼn psigiatriese inrigting gewerk, en hom in Holland as ʼn buffetsjef bekwaam? Wie was ‘n konstabel, wie ‘n meubelmaker en wie ‘n plattelandse bankklerk? Hoeveel was predikante? )

3 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page