top of page
  • Uitmelkbos

AGTER DIE TRALIES

Nogal boeiend, en nie sonder ‘n tikkie humor nie, is pastoor Philip Kruger se vertelling aan Hanlie Retief van sy kuddetjie agter die tralies van die Sentrale Gevangenis in vanoggend se Rapport.

Laat my dink aan die Kweekskool-proffie wat vir sy klas tokkelokke twee voorbeelde van opperste vrymoedigheid gegee het.

Een is juis so ‘n kudde soos pastoor Philip s’n wat op ‘n Sondag die gereelde erediens agter die tralies uit volle bors inlui met:

“Here Jesus, ons is saam hier op U BEVEL vergader!”

Die tweede, terloops, is van die begrafnisondernemer wat elke oggend ernstig bid:

“Gee ons vandag ons DAAGLIKSE BROOD….”

1 view

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page