Het gister ‘n uitnodiging na ‘n belangrike okkasie gekry. My Bloemfonteinse buurman van die dekade 80, Toy Vermeulen, word dan 91.
Die uitnodiging kom van sy jongste dogter, Elmien.
Haar vader – kan hom nie juis ‘n gryse vader noem nie want hy is veel minder wit as die uwe – het Vrydagaand sy 90ste op Melkbos gevier. Die Van Deventers was tot hul yslike spyt afwesig. Ons was in die Suid-Kaap. Elmien het op my versoek foto’s gestuur.
Ons gesels toe op Facebook soos volg:
Hennie Van Deventer: Vreugdevolle okkasie. Jammer ons het dit moes misloop weens ons Suid-Kaapse uitstappie.
Elmien Vermeulen: Ons glo daar sal volgende jaar weer een wees. Hennie en Tokkie Van Deventer is reeds genooi!
Hennie Van Deventer: Dankie,. Ons open solank ‘n dagboek vir 2015.
Sal sorg dat ek dan nie weer weg is nie.
Die ankerfoto in die samestelling hierby is van Toy en sy goeie vriend Kiepie Herholdt wat spesiaal van Bloemfontein gekom het. Die twee ou vriende was glo behoorlik aangedaan om mekaar na jare weer te sien.
OP die foto waar Toy aan die woord is – hy het die tafelgebed gedoen en die gaste verwelkom – sit sy vrou, Joha. Op die derde foto is hy en Elmien.
Naskrif: Ek gee maar vroegtydig aan almal kennis. Moet my nie vir 9 Januarie 2015 nooi nie – het reeds ‘n afspraak vir daardie dag.
Komentáře