top of page

AFSKEID VAN ‘N GELIEFDE

Uitmelkbos

Van ‘n joernaliste-egpaar van ‘n jonger generasie is hul pragtige, talentvolle 13-jarige enigste kind weggeruk – die slagoffer van ‘n intense, pikdonker depressie, wat haar haar vonk en lus om te lewe ontneem het.

Oumense is nie in die wieg gelê om kinders se begrafnisse by te woon, en magteloos die rou smart van gebroke ouers, van swaar getrefde vriende en familie en van onbegrypende skoolmaats waar te neem nie. Die ervaring wurg in jou keel.

Die drang om deur jou teenwoordigheid tog ‘n simboliese hand van vertroosting uit te reik wat jy sukkel om in sinryke woorde op ander maniere uit te druk, dwing jou egter om nie, soos ‘n lafaard, liewer die somber byeenkoms te vermy nie.

Die leraar op die kansel, praat sag, maar met diepe erns, meelewing, emosie en egtheid. Die boodskap wat hy bring, getuig van die sakke sout wat klaarblyklik met die familie-in-

beproewing, en ook, voor haar keuse om haar eie lewe te neem, met hul oogappel-kind opgeëet is. Die gesin en die leraar is sonder twyfel saam deur diepe waters, wat ook vir hom onmiskenbaar gelouter het.

Juis daardie intieme binnekennis gee aan sy prediking ‘n deurleefdheid wat die jong

depressielyertjie se begrafnis onderskei van sovele wat vinnig-vinnig met vae algemeenhede en – durf ek sê? – amperse oppervlakkighede afgerammel word.

Die treffende prediking dwing my om my agterna, waar die leraar alleen met sy koppie tee staan, aan hom te gaan voorstel. Ek wil met hom deel hoe diep sy woorde hierdie begrafnisganger geraak het en watter kosbare diepte en identiteit daardeur aan die troosdiens verleen is.

Vir ouer mense – seniors, bejaardes, noem ons wat jy wil – is my belewenis buitengewoon relevant, omdat ons, sonder om smartvrate te wees, vanselfsprekend toenemend oor die werklikheid van begrafnisse in eie kring dink en praat.

Opvallend, word veral een vrees deesdae meermale gelug. Ouer mense is bekommerd dat daardie soort egtheid en diepte van die kansel af, wanneer dit vir hulle ten diepste sal saak maak, afwesig sal wees, eenvoudig omdat intieme binnekennis van die oorledene se lewe en werklike meelewing met die bedroefde naasbestaandes ontbreek.

Die waarheid is immers dat bedieningspatrone in talle gemeentes hand oor hand verander. Leraars het dikwels soveel ysters in die vuur dat hulle hot en haar draf en al hoe moeiliker oral kan bykom. Die amper vanselfsprekende beskikbaarheid van dominee A om oom so-en-so of tannie sus te begrawe kom weens die diversifikasie van herderlike pligte en take toenemend onder druk.

Ongelukkig eindig jarelange vertrouensverhoudings tussen bepaalde lidmate en hul persoonlike herders in al hoe meer gevalle stomp en onvoltooid deurdat die leraar weens sy program nie, soos die verwagting van die oorledene en sy/haar geliefdes was, ‘n bepaalde begrafnis kan behartig nie. Die taak val dan op ‘n beskikbare plaasvervanger wat – al probeer hy hoe hard – eintlik nooit meer as noodshulp kan wees nie.

Nie alle plaasvervangers doen boonop ewe veel moeite met hul huiswerk nie.

Vir hierdie penarie van ons tyd het ek nie raad nie. Ek wens iemand het

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Yorumlar


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page