top of page
  • Izak de Vries

Afrika

Ek het ’n goeie dag gehad, dankie.

Dankie vir almal oor die wye wêreld wat my dag spesiaal gemaak het.

Kleinman het nou eers tot rus gekom, die geliefde slaap al, so ek kom gou hallo sê.

Martie Preller is besig om wonderlike goed te sê by die inskrywing oor Die verdrinking van Josua van Eden, en ek skuld haar ’n antwoord, maar ek is nou te vaak om slim genoeg te wees.

Daarom wil ek iets aanroer oor ’n vraag van die Prinses, oor Afrikakulture. Ek gaan nie nou haar vraag beantwoord nie, maar ek wil eerder vra: Hoeveel weet ons werklik van ons eie kontinent?

Een van my medewerkers, Lynne Smit, was onlangs in Mali.

Kyk hoe vertel sy van die manier waarop die jakkalse die geestelike leiers help om antwoorde te kry op mense se vrae.

Jare gelede, in Kom slag 'n bees, het ek ook 'n storie vertel oor 'n man gehelp is deur 'n sangoma.

En weet julle wat ’n Toguna is? Dis ’n plek waar mans ontmoet, en moet buk om in te kom. Lynne noem dit ’n “remedy for arrogance” en sê:

Every village, no matter how small, has one. Its a place of meeting. It a place where the village elders pass down their pronouncements and decide in disputes. Its the place where the men congregate in the evenings.

Tog let sy op dat vroue nie soheentoe gaan nie. Sy wonder, effens tong in die kies, of die vroue nie nodig het om van hulle arrogansie afstand te doen nie?

Lees ook gerus hoe sy opgegradeer is na die presidensiële suite na die hotelbestuurder haar op TV gesien het.

’n Goeie vriend van my was onlangs gereeld in Timbaktu. Wie van julle kan dit op ’n kaart kry, of sou kon raai wat ’n senior ingenieur gereeld daar gaan doen?

Prinses. Dis nie ’n antwoord op jou vraag nie, wel ’n soeke na ’n antwoord wat ek al lank oor gewonder het: Wie is Afrika? Kyk op die blogs om julle. Orals is stukkies Afrika, selfs in die woorde van ons Prinses, Lorinda of Boekevat.

1 view

Recent Posts

See All

댓글


bottom of page