top of page
  • Izak de Vries

Aesop's Fables

Ek wil graag vir julle aanraai om AESOP'S FABLES te gaan kyk in Die Fugard. Dit is ’n wonderlike, snaakse en uiters lewendige vertoning. Die speelvak eindig 17 Julie (al sê die plakkaat dis ’n week vroeër.)

Die kostuums is fantasties. Die musiek is wêreldklas en die toneelspel is knap. Mhlekaszi Andy Mosiea was besonder vaardig (heel pateties, dus) in die naamrol, terwyl Simphiwe Mayeki die klassieke antiheld was – en tog kon jy nie anders as om van hom te hou nie. Zolina Ngejane, as Hermes, was eweneens indrukwekkend.

Wat meer is, Eric Abrahams is die vervaardiger van dié stuk. Wie? Onthou julle die film Kolya wat in 1996 die Oscar gewen het vir “Best Foreign Language Film”? Nou, ja. Eric Abahams het dit vervaardig.

Jip, Abrahams is ’n Suid-Afrikaner wat deesdae nou saamwerk met Die Fugard.

Die regisseur is Mark Donford-May wat ook die regisseur was van u-Carmen eKhayelitsha, ’n film wat ’n Goue Beer gewen het by die Berlyn Filmfees.

So, julle is in goeie hande.

Die Fugard is ’n besondere teater en ek sal in die vervolg baie maklik geld uithaal om daar te gaan sit.

Terloops – dis baie, baie kindervriendlik. Ons sewejarige knaap het op die punt van sy stoel gesit en kyk. Daar was heelwat ander kinders ook in die gehoor. Tog is daar geen twyfel nie dat dit grootmense is wat meeste sal put uit die baie slim manier waarop ’n horingou Grieks fabel weer nuut en vars gemaak word in Kaapstad.

En vir pa’s (en sommige ma’s): jy gaan sukkel om ’n playboyhasie op die verhoog te sien wat beter lyk in stywe kleertjies as Poseletso Sejosingoe. Oef. Sjoe.

Vir meer inligting, besoek gerus http://www.thefugard.com/

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page