top of page
  • Uitmelkbos

Aangenaam

Een nag en ’n bietjie, deur Hester Kruger. Resensent: Maggie Marx (Rapport Boeke). Daar is net een ding wat kort in hierdie deurdagte en uitstekend verwoorde resensie: voorbeelde van die dinge wat haper. Marx se resensie is andersins só goed geskryf dat ek wonder hoekom sy nog nie voorheen so sterk tot my gespreek het nie. Wat die resensie des te meer merkwaardig maak, is die neutrale toon waarin dit geskryf is. Ek sien uit daarna om meer resensies deur Marx te lees.

Doodskoot, deur Francois Bloemhof. Resensent: Deborah Steinmair (Rapport Boeke). Steinmair maak mens baie nuuskierig oor dié nuwe Francois Bloemhof-verhaal. Wat uiteraard ook die doel van ’n resensie soos hierdie is. Sy maak nie groot uitlatings oor litterêre aspekte of dinge nie. Dit gaan oor die soort verhaal wat Bloemhof vertel, wat die uitwerking daarvan op die leser is, en uiteraard op haar was ook. Mens kan haar die oorvertel van die verhaal vergewe omdat sy dit dikwels met soveel aplomb ophelder. Ek is ook mal oor die krag wat sy aan haar resensie gee deur ’n bondiger, evaluerende styl: “Die ­leser word verplaas soos in ’n ou moewie; begogel, verlei, verlok, ontnugter en ­enduit geboei.”

Indeks, deur Joan Hambidge. Resensent: Neil Cochrane (Rapport Boeke). Welkom terug, Neil. En hoe! Met ’n knap analise, deeglike uiteensetting en sonder huiwering wanneer hy Hambidge se leemtes naas haar geslaagde werk uitlig: “Tog word die aanhoudende gepieker oor die digproses eenselwig. Ons weet dit is moeilik en onbevatlik, maar berus ­asseblief.” Sy uiteensetting van die kwatryn waarin sy met haar vriend en mede-digter, Johann de Lange hekel, is uiters goed. Cochrane het groot waardereing vir verskeie aspekte van die bundel, maar wanneer hy moet, verklaar hy onomwonde watter afdeling van die bundel nie slaag nie. Miskien nie heeltemal leesstof vir die Sondagleser wat nog die Bulle se afranseling van die WP in sy bloed het nie, maar vir die liefhebbers van Hambidge se poësie, en digkuns in die algemeen, ’n boeiende resensie om te lees.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page