top of page
  • Izak de Vries

Aandag alle skrywers! Ken jou regte

Het jy, as skrywer, al ooit gevoel iemand is besig om jou lelik in te loop met ‘n kontrak? Wou jy nog altyd weet hoe om ‘n manuskrip voor te lê?

Hier’s jou kans om die uitgewers (soos die uwe) vierkant in die oë te kyk.

Kontak Zanelle

Tel: (011) 712 8008

E-pos: zanelle@anfasa.org.za

The Academic and Non-Fiction Authors' Association of South Africa (ANFASA) en Juta, ’n uitgewer wat, onder andere, ’n baie goeie regslys het, bied nou aan skrywers die geleentheid om te weet hulle regte, en verpligtinge, is tydens die boekmaakproses.

Wie?

Dr Owen Dean, ’n lid van ANFASA, sal praat oor kontrakte. Hy is ’n prokureur wat spesialiseer in kopiereg en is verbonde aan die firma Spoor & Fisher. Nie net sal hy moeilike klousules verduidelik nie, maar hy sal ook vir skrywers kan adviseer oor die gevolge van sekere klousules in ‘n kontrak.

Daarna sal Sandy Shepherd, die redaksionele bestuurder by Juta, praat oor die beste manier om ’n manuskrip voor te lê, en oor die proses wat jy moet volg – voor en na publikasie.

Hoeveel?

Dit alles kos slegs R50.

Wanneer?

20 November 2009

Waar?

iKhaya Lodge and Conference Centre,

Wandelstraat, Dunkley Plein, 8001, Kaapstad

Hoe laat?

13:30 – REGISTRASIE

14:00 - 16:00 – Die Werkswinkel


Meer inligting nodig?

Kontak Zanelle

Tel: (011) 712 8008

E-pos: zanelle@anfasa.org.za

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page