(Short story by Jabulani de Vries, Grade 1)
I went to the jungle and I saw a snake and the snake was friendly.
We went to his house to see his children.
Then a cow stood on the home and the home broke. The snake got lost and we couldn’t find them.

Ja, mense. Dis ’n vreeslike trotse pa hierdie. Al daardie duisende boeke wat ek en die geliefde voorgelees het, begin nou resultate lewer.
Die verhaal het ongelooflike patos – nie een van sy maatjies het so ’n keerpunt ingebou nie. As ek reg is, staan daardie oomblik, wanneer die koei die huis plat trap, bekend as peripeteia - wat letterlik “omdraai” beteken.
My seun is baie geïnteresseerd in slange. Aan die begin van die jaar het ek en hy ’n jong boomslang van die pad gered. (Ons het gaan fietsry en hy het die slang sien lê op ’n gevaarlike plek.) As ons ’n slang in die veld sien, is die knaap altyd opgewonde.
Comments