Sit gisteraand en kyk na die langste wedstryd ooit op Wimbledon tussen Nicolas Mahut and John Isner. Soveel van uithou,aanhou en konsentreer het ek nog nooit gesien nie. Ek was naderhand so moeg dat ek moes gaan rus, so ek wil nie weet hoe hulle gevoel het nie.
Dink toe terug aan my skooljare. Vrydae middae was skole tennis, my skool nie te ver van Affies in Pretoria, speel die middag daar. Ek kon nogal redelik ‘n bal slaan en het juis daardie week ‘n nuwe Dunlop Maxply (so ‘n hout raket) gekry. My loting draai toe so uit dat ek teen ‘n ou met die van Kriek speel.
Waar gister se wedstryd die langste was, was myne seker die kortste. Die teenstander was toe Johan Kriek wat in 1981 die Australiese Ope en andere gewen. Ek het die dag gewonder waarom ek ooit die sport opgeneem het. 6-0,6-0 en 6-0 is nogal ‘n vernedering.
Na my selfbeeld herstel het,(sou seker deesdae berading gekry het) het ek aanhou speel – maar van daardie dag af kies ek my teenstanders.......
Comments