top of page
  • Chopstix

Slim vang sy baas

Met die lekker weer ry ek deesdae met my motorfiets na my kantoor toe. Omdat daar nog aan die paaie gewerk word tussen Pretoria en Johannesburg, ry ek op die skouer van die pad - so vermy ek die motors en kan in rus en vrede ry.

Gister toe ek weer dit dit doen spring Konstabel Abel voor my in. Slimme dog toe ek ry maar gou vir hom weg, want geen motor met ligte en sirenes kan my inhaal nie. GROOT FOUT. Konstabel se motorfiets was agter die brug se pilaar weggesteek. Nodeloos om te sê drie kilo’s verder toe is ons van aangesig tot aangesig.

Na die boete is ek nou weer back to size. So geskrik dat ek met die motor vanoggend gery het. Was al 06:05 op kantoor. Vandag loop my mense vroeg want ek gaan verseker!

0 views

Recent Posts

See All

Teacher Arrested

A school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler, a protractor, a compass, a slide-rule and a calculator. At a mo

Werksoek

Omie wat ry op die snelweg en sien jong outjie wat staan en duim gooi. Besluit om te help. Outjie klim in die kar en die dialog verloop soos volg: Omie: “More boet, waarheen is jy op pad?” Outjie: “

Comments


bottom of page