top of page
  • Chopstix

Slegtigheid maak mense dood

‘n Paar jaar terug het ek ‘n huis opgeknap. Die kontrakteer se handlanger Josiah,was so ‘n stil kind wat min gepraat het, maar hom vrek gewerk het. Toe die kontrakteer aftree het Josiah so half in my sorg geval en het ek hom met piece jobs aan die gang gehou, totdat hy Handy Hubby begin het – hy kan basies enige iets doen en sy besigheid het redelik goed gedoen. Met die afplatting van die boubedryf loer hy kort-kort in en gee ek hom klein werkies van tuinmaak tot ruite was sodat hy kan oorleef.

Laas week terwyl hy goedjies doen waarvoor ek nie lus is nie, kry hy tyding sy vrou is in die hospitaal. Ek stuur hom dadelik terug en hy laat weet sy het cholera. Woensdag bel hy en sê dat die hospitaal en die ou KwaNdebele haar nie kan behandel nie en sy is oorgeplaas na die in Pietersburg. Hy is toe daarheen en laat weet sy baie swak is maar wel weer begin praat het. Vrydagnag bel hy en deur die snikke sê hy sy vrou is oorlede. Ek kry hom ontsettend jammer, praat lank met hom en doen al die oorplasings vir die begrafnis, bees, ens…..

Wat my egter waansinnig maak is dat hy al maande lank sê dat die water, wat uit die pype vloei, soos koffie lyk. Ek het instruksies oor kook en vir hom watersuiwerings tablette gegee. Probleem is dat hy in ‘n woongebied bly waar daar ‘n munisipaliteit is wat basiese dienste – ondermeer watersuiwering en retikulasie, moet doen. Nou sterf ‘n vrou met twee kinders van 8 en 6 omdat die bliksems te slegs is om die basics te doen. Dis nie ‘n kwessie van geld nie, want hulle kry oordragbetalings om dit te kan doen – dit is net omdat hulle nie omgee nie. Maar dis die manne wat munisipale fondse vat om te gaan sokker kyk, terwyl hulle inwoners weens hulle slegtigheid, sterf– waar en wanneer stop dit ????????????????

1 view

Recent Posts

See All

Teacher Arrested

A school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler,...

Werksoek

Omie wat ry op die snelweg en sien jong outjie wat staan en duim gooi. Besluit om te help. Outjie klim in die kar en die dialog verloop...

Comentarios


bottom of page