top of page
  • Chopstix

My beste wedloop

Rits Vrydag af Laeveld toe om die half maraton in die Willetuin te gaan hardloop – ons veterane stap dit eintlik vinnig – vandaar die naam wedloop.

Soos gebruiklik stop by Hall’s se padstal en koop die lekkerste gedroogde vrugte, neute en botteltjies konfyt. Laasgenoemde koop ek elke keer maar eet dit nooit nie. Begin natuurlik dadelik aan die gedoogde guava rol te smul en ry verder.

Saterdag vroeg is ek reg vir die hasie en skilpad wedloop. Van die begin af pace ek my te vinnig maar dog toe dis al die suurstof van die Laeveld. Halfpad van die halwe wedloop dog ek dis tyd om maar dit stadig te vat en die natuur en omgewing te geniet – dit is egter toe wat Hall’s se gedroogde vrugte hul ware rol vervul. Nou op daardie deel van die wedloop , was dit net ek en die natuur en die natuur en ek- en geen plek om te stop nie. Menige jong atleet het met verwondering gekyk na hierdie veteraan wat met soveel zest die laaste deel klaarmaak en dan nog aanhou hardloop verby die eindpunt. Die blase op my voete is my stille getuienis.

Wildtuin is nou in die laatwinter, vaal maar mooi – nogal baie wild gesien. Snaakste was egter ‘n ou in ‘n stokou Datsun stasiewa met ‘n surfboard op die dak naby Satara – Het probeer uitwerk waar hy op pad heen is of waar hy vandaan kom. Hy kan via Punda Malia na Vilanculos in Mosambiek ry - Ek het dit al gedoen, maar jy het ‘n Fôr by Fôr nodig en dit is twee dae se ry. Of die golwe in Mosambiek ‘n surfers pardys is, is ook te bewyfel. Was te ver om agter hom aan te ry vir sy storie en het op die ou end besluit – hy het ‘n surfboard, so what , kan maar seker met hom in die willetuin ry as hy wil.

0 views

Recent Posts

See All

Teacher Arrested

A school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler, a protractor, a compass, a slide-rule and a calculator. At a mo

Werksoek

Omie wat ry op die snelweg en sien jong outjie wat staan en duim gooi. Besluit om te help. Outjie klim in die kar en die dialog verloop soos volg: Omie: “More boet, waarheen is jy op pad?” Outjie: “

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page