Liewe Lena Ek het 'n man wat ek nie kan vertrou nie. Hy verneuk my so baie, ek weet nie eers of die kind wat ek verwag syne is nie.
Liewe Lena Ek is 'n 23-jarige bevryde vrou wat al twee jaar lank op die Pil is. Dit raak nou duur, en ek dink my kêrel moet begin om die helfte te betaal. Maar ek dink nie ek ken hom goed genoeg om met hom oor geld te praat nie.
Liewe Lena Ek is al drie maande lank met Dries getroud. Ek het nie geweet hy het 'n drankprobleem nie. . totdat hy een aand nugter by die huis gekom het.
WIE WAS SY? Twee kollegas geniet 'n drankie ná werk. "Jy weet," sê die een, "ek glo in outydse morele waardes. Ek het nie voor ons troue by my vrou geslaap nie. Kan jy dieselfde sê?" Sy maat dink so 'n bietjie en antwoord toe: "Ek is nie seker nie. Wat was jou vrou se nooiensvan?"
Comments