Die blonde-een het op die nippertjie besluit dat ons Innibosfees toe gaan.
Omdat tyd so knap was kry sy toe plek by ‘n gastehuis. Nou ek het in die verlede permanent rondgery, en een ding wat ek verpes, is gastehuise, want almal is altyd in jou space . Nou die gastehuis was ongelooflik mooi – stylvol gemeubileerd en al die trimmings (wat seker die prys regverdig). Die gasheer en gasvrou Mev Baiepraat was net soos die plek – “over the top” Toe sy die tiende maal daar aankom om te hoor of alles reg is en vra hoe ek my eiers vir onbyt wil hê – sê ek bloot ek eet nie eiers nie maar net Ouma beskuit – dis toe dat Mev Baiepraat die boodskap kry. (Ek eet regtig nie eiers nie – was met die voeëlgriep tyd in Sjina – en as die wit van die eier ook blou is, eet mens nooit weer eiers nie)
Nou braaidag loer ons na alles wat die Blonde-een beplan het en mis natuurlik uit op braaidag. Saterdag kry ek om my eie koers en by ‘n besprekingsagent hoor ek dat hulle ook vir die willetuin besprekings doen – Ja en ek kry plek in Satara. Langs my staan mense van Richardsbaai wat dringend na plek soek in Nelspruit – As Samaritaan vertel ek toe dat ons Mev Baiepraat se huisie ongelukkig gaan verlaat - hulle is skoon oorstelp om so gelukkig te wees om ‘n plekkie te kry.
Na al die goedjies gekoop is, is ons Satara toe – wel braaidag gevier – alhoewel ‘n dag laat.
Comments