Ek weet nie of daar Darwin Awards vir sulke mense is nie, maar ai.......
Kaapstad – ‘n Suid-Afrikaanse paartjie wat Nieu-Seeland vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi besoek kon nie verstaan hoekom die hotel wat hulle in Wellington bespreek het, nie op hul GPS was nie – totdat hulle besef het hulle is sowat 19 000 km van die regte bestemming af. “Ek het by die regte hotel bespreek, net in die verkeerde land,” het mnr. Michael Adendorff Maandag gesê. Hy het met dié misverstand, ongelukkig sy $NS180 ‘n aand bespreking by die Majestic Hotel in Eastbourne, Engeland, vir verlede Vrydag- en Saterdagaand verloor. Michael en Sunette Adendorff het Vrydagmiddag in sirkels gery in Eastbourne, Wellington, en gewonder hoekom ‘n straat genaamd Royal Parade nie deur hul GPS-toestel opgetel word nie. Toe hulle na ‘n lang gesoek by die apteek op Rimu-straat in Eastboune stop vir aanwysings, het ‘n werker, Linda Burke, slegte nuus vir hulle gehad. “Hulle het net ingestap en vir my gevra waar die Royal Parade is, met die Majestic Hotel, en ek het gesê: O nee, daar is geen hotel hier nie. “Ek het gekyk en gesê: Dit is in Engeland. “Hy het op die internet gekyk en gesê hy het nogals gedink dit is snaaks dat hulle hom in ponde laat betaal,” het Burke gesê. Nietemin was Burke nie van plan om die twee sonder verblyf weg te stuur nie en het hulle vir die aand in haar eie huis laat oorbly. - Nuus24
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/WB-toeriste-bespreek-hotel-in-verkeerde-land-20110913-2
Comments