top of page
  • Chopstix

Hipnose

Dit was onthaal-aand by die ouetehuis, en Klaas die hipnotiseur is genooi om die ou mensies te vermaak. Hy verduidelik: "Ek gaan julle almal in 'n beswyming laat verval en julle gaan dan presies maak soos ek sê." Die opgewondenheid loop hoog en Klaas haal sy pragtige antieke sakhorlosie uit sy sak en begin dit heen-en-weer swaai op die verhoog. "Hierdie horlosie is al 200 jaar in ons familie. Ek wil hê julle moet stip na die horlosie kyk. Sien hoe dit heen-en-weer beweeg. Links en regs, heen-en-weer, voel hoe julle julself oorgee aan die beweging, heen-en-weer, heen-en-weer" Die oumense raak vasgevang in die heen-en-weer beweging van die horlosie. Honderde oë volg die heen-en-weer beweging en verval in 'n beswyming totdat die horlosie per ongeluk uit Klaas se vingers glip en op die vloer stukkend val. "K@k!" skree Klaas Dit het drie weke gevat om die ouetehuis skoon te kry!

0 views

Recent Posts

See All

Teacher Arrested

A school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler, a protractor, a compass, a slide-rule and a calculator. At a mo

Werksoek

Omie wat ry op die snelweg en sien jong outjie wat staan en duim gooi. Besluit om te help. Outjie klim in die kar en die dialog verloop soos volg: Omie: “More boet, waarheen is jy op pad?” Outjie: “

Comments


bottom of page