top of page
  • Chopstix

Groendakkies

Op 'n besoek aan 'n hospitaal vir verstandelik gestremdes vra 'n besoeker een van die dokters: "Wat presies is die kriteria wat bepaal of 'n pasiënt opgeneem word of nie?" Hy merk ook op: "Die mense wat ons tot dusver hier gesien het, lyk vir my so normaal soos ek en jy." "Wel," antwoord die geneesheer, "ons maak 'n bad vol water. Dan kry ons pasiënt 'n teelepel, 'n teekoppie en 'n emmer. Ons sê vir hom dit is 'n baie belangrike toets. Die spoed waarmee hy dit gaan afhandel, sal deurslaggewend wees. Ons wys hom die stophorlosie wat gebruik word om die tyd noukeurig te bepaal en vestig ook weer sy aandag op die teelepel, die koppie en die emmer. Hy word gevra om die bad so vinnig as moontlik leeg te maak." "Mmmmmm . . . Ek verstaan," sê die besoeker. " 'n Normale persoon sal die emmer gebruik, want dit is groter as die teelepel en die koppie." Nee," sê die dokter. "Enige normale persoon sal die prop uittrek.

Wil jy 'n bed naby die venster hé? "

1 view

Recent Posts

See All

Teacher Arrested

A school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler,...

Werksoek

Omie wat ry op die snelweg en sien jong outjie wat staan en duim gooi. Besluit om te help. Outjie klim in die kar en die dialog verloop...

Comments


bottom of page