Na ernstige vermaning deur die blonde-een ry ek nie meer met my motorfiets Sênton toe nie maar met die Gautrein. Ek mag wel met my motorfiets Hatfieldstasie toe ry.
Nou die trein is indrukwekkend maar elke week is daar een of ander probleempie. Of die trein sit in die tonnel vas of die kabels word gesteel en partymaal duur ‘n rit van 35 minute sowat 3.5 uur , as die busse gebruik moet word. Die trein is egter meer betroubaar as die roltrappe op Sêntonstasie want die werk maar min, maar dit hou my fiks om sowat 300 meter met die trappe op te klim.
In die middel 70s het ek op die SAS&H as stoker gewerk om my studies te betaal – so ek weet iets van treine – jy kry drywers, stokers en assistant drywers ensomeer. Op die Gautrein is van die treindrywers egter iets anders - Good morning , this is your Captain Jan speaking – eers in Engels dan Afrikaans en dan in Tswana (vrotter as myne).
Vanoggend was deur weer ‘n probleem en ons sit en wag – Ladies and Gentlemen , we have a delay and will presume shortly. Ek dog ek hoor verkeerd maar na die derde aanhoor weet ek – We will presume shortly.Na so tien minute toe presume ons weer……
Comments