Na erstige vermaning deur die blonde-een oor my motorfietsryery Sênton toe elke dag, het ek gehoor gegee en ry nou met die Gautrein – ek ry wel met die motorfiets Hatfield toe want die paadjie terug na my huis is nogal besig in die middae.
Ry natuurlik vanoggend Hatfield toe met die motorfiets – kom by Hatfield aan en langs die sekuriteitswag trek ek 10 minute lank al my “gear” uit, sluit dit in motorfiets se kassies toe en maak reg om na die perron toe te loop. Eers toe ek op pad is, sê die sekuriteitswag dat die treine nie loop agv die kabeldiefstal. Plaas dat hy vroeer gepraat het want toe moes ek al die klere uit my kantkassies haal en weer van vooraf alles aantrek. TSK!
Ek is nou op pad na 'n priester om te gaan bieg wat ek die sekuriteitswag toegesnou het
Comments