top of page
  • Chopstix

AS ‘N MENS NIE KYK NIE- KAN JY NIE SIEN NIE

Nou dat die weer so lekker is en daar weer aan die N1 gewerk word ry ek met my motorfiets na my kantoor. Een van die bane waar die padwerke aan die gang is, is toegemaak – ek vermoed dit is spesiaal vir motorfietse sodat die motors ons nie steur nie.

Omdat ek moeg is vir motors wat voor my injaag en spieëls wat ek afry het ek ‘n geel /oranje lensskerm op my hooflig laat aanbring – selfs in die helderste daglig is ek sigbaar.

Vanoggend ry daar ‘n man uit ‘n motorhawe lang die pad, reg voor my in. Ek swaai na regs om hom te vermy en daar swaai die perd ook regs – ry toe maar links en ons stop saam by Rigellaan se robot – ek skud toe maar my kop vir die man.

Volgende oomblik gaan die ruit van sy motortjie oop en hy skreeu hy dat hy my nie kan sien a.g.v die geel/oranje lens. Verduidelik toe vir hom as hy nie wetenskap in standerd sewe gelos het nie sal hy verstaan hoe dit werk – ook meld ek -as ‘n mens nie kyk nie- kan jy nie sien nie. Noem ook dat hy met oogsorgweek moet gaan vir hulp.

Toe vererg hy hom en skreeu vir my – EN WAT RY JY MISKIEN? ( Bedoelende seker watse motortjie). Ten spyte van die koel luggie raak ek toe maar ook warm en skreeu terug – JY IS RERIG BLIND, KAN JY NIE SIEN DAT DIT ‘N “BIKE” IS NIE!!!!

Gelukkig slaan die robot toe groen en ek kon afkoel met ‘n koel briesie in my gesig op pad kantoor toe sodat ek ‘n bydrae kan maak tot die verhoging van die woka’s wat ophou staak het.

1 view

Recent Posts

See All

Teacher Arrested

A school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler, a protractor, a compass, a slide-rule and a calculator. At a mo

Werksoek

Omie wat ry op die snelweg en sien jong outjie wat staan en duim gooi. Besluit om te help. Outjie klim in die kar en die dialog verloop soos volg: Omie: “More boet, waarheen is jy op pad?” Outjie: “

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page