top of page
Chopstix

AMPER STERF EK TIEN DODE

Meeste van my kliente is Chinese en dis nou die tyd vir die Chinese Moon Cake Fees.

Vandag kom een van my kliente en bring toe vir my van die koek. Pragtig verpak in ‘n rooi doos van die Howard Prince Hotel Taichung. Ek laat maak lekker Gleen Tea en maak die doos oop.

Daar is agt van koekies – twee perses, twee groen, twee wit en twee mooi rooies. Hy bied toe aan en ek neem ‘n witte.

Vat die eerste happie en dis basiese deeg , tweede happie proe ek die pruim konfyt. Derde happie - GESTOLDE EIERGEEL. Nou hierdie eier was nie in die yskas sedert dit Taichung verlaat het nie. Dit is asof ‘n hele hoenderplaas in jou mond ontplof, maar ek sluk en sluk en neem sulke lang slukke Gleen tea. Totdat die eier af is. Bleek om die kiewe loof en die man vir die heerlike (uiter aaklige vieslike vrot) koek. Na hy weg is besluit ek elke klient kry vandag daarvan. Later kom daar een en ek bied hom van dit aan – bedank my en vertel dat die spesifieke koek omtrent R 500 elk is. Al is dit R5000 een – ek sal nooit weer ‘n moon cake eet nie. Wag nou maar vir die salmonella vergiftiging....

5 views

Recent Posts

See All

Teacher Arrested

A school teacher was arrested today at O R Tambo International airport as he attempted to board a flight while in possession of a ruler,...

Werksoek

Omie wat ry op die snelweg en sien jong outjie wat staan en duim gooi. Besluit om te help. Outjie klim in die kar en die dialog verloop...

Commentaires


bottom of page