‘n Rukkie gelede was die oorseese koerante vol van die saak van ‘n 14 jarige seun wat besope sy voertuig onbesonne bestuur het en die dood van verskeie mense veroorsaak het. Dit was ooknie die eerste keer dat hy van dronkbestuur aangekla is nie. Toe die hofsaak voorkom het die regter hom na ‘n inrigting vir afhanklikheid gestuur (sy pa betaal vir die duur inrigting so terloops) en 10 jaar probasie gegee. Sy het toegegee dat hy die slagoffer van ‘affluenza’ was en dat sy ouers eintlik die skuldiges is want hy het nog nooit geleer dat gedrag gevolge dra nie sic.
Die ouers bygesê is white trash met geld. Die pa is al verskeie kere aangekla van o a diefstal, dronkbestuur ens. Maar omdat hy ‘n multi miljoener is is daar nooit ‘n saak gemaak nie. Die ma lyk nie veel beter nie, ook klagte van dronkbestuur… maar die ouers kan nie verhoor en tronk toe gestuur word nie al hoort dit so! En ek glo nie hier is iets soos 'n gewete nie?
Natuurlik was daar oproer oor die uitspraak en die straf. Die seun van 14 het sy eie huis waar hy kan maak en breek soos hy wil, Geen dissipline en of ‘n duur rehabilitasie-inrigting ooit enige verskil gaan maak is te betwyfel. Ek sien hom binne 10 jaar weer skuldig aan ‘n oortreding waar daar slagoffers is. Ek hoop die volgende keer is die regter in die beskuldigde bank.
Het nou die aand die fliek THE BLING RING gekyk. Dit is die ware storie (ek het die artikel in VANITY FAIR gelees,) van ‘n groep een-dimensionele tienderjariges wat so behep was met Celebs en aardse besittings dat hulle op die internet nagevors het die adresse van celebs en wanner presies hulle uitstedig sou wees. Dan breek hulle by die huise in en neem soveel as wat hulle kan dra. Oor die maande voordat hulle uitgevang is het hulle $3 miljoen se waarde gesteel.
Die artikel en inligting is op die internet beskikbaar.
Nêrens word daar veel melding van die ouers gemaak nie. Dit lyk asof hulle heel verbaas was toe die kinders gevang is en die huise deursoek is. Well I never.
Hiermee wil ek geensins te kenne gee dat ouers verantwoordelik is vir hul ouer kinders se gedrag nie, jy kan soveel doen en nie meer nie maar die feit dat hulle nie betrokke was nie is wel n faktor.
Die staf wat die hof opgelê het was ook nie baie swaar nie. Nie swaar genoeg om die betekenis van gedrag dra gevolge te onderstreep nie. Dit lyk asof sommige die berugtheid geniet en nou tot voordeel aanwend.
Die een meisie het met diehofsaak 'n stuk juweliersware aangehad wat sy by een van die celebs gesteel het !
Dus dink ek die samelewing het deel hieraan. Ons kyk weg, as dit nie met ons kinders gebeur nie is ons heel smug – there for the grace of God go I. Dit sal in elk geval nie met my gebeur nie ek het my kinders goed opgevoed - famous last words. Om een of ander rede het hierdie stories my dipe geraak seker omdat ek glo daar gaan weer slagoffers wees.
Comments