top of page

VIES, VERLEE, VERYDEL …..

Uitmelkbos

Vies, verlee, verydel …

Hier is die kolle-kalant wat in Sabiepark soveel beroering veroorsaak het met sy ongewone aktiwiteite op ‘n eienaar se stoep, hoog en droog in die maroelaboom waarheen hy uiteindelik uitgewyk het.

In die blog hieronder word vertel hoe hy op 22 Desember om 05:30 n dooie rooibokram die stoeptrappies van die gesin Liversage van Sabiepark opgesleep het vir ‘n vroee ontbyt.

Dit was die begin van ‘n avontuur soos min. Op die ou einde is die yslike luiperdmannetjie deur vier hienas die stryd aangese om besitreg op die prooi.

Hy het waarlik rede om erg verneuk te voel waar hy daar le. Lees die blog: KERSVADER MET KOLLE hieronder. Die foto is deur nog ‘n Sabieparker, Charles Parsons jnr., geneem. Dit is deur Cheryl Sterk van Sabiepark beskikbaar gestel.

My dank vir die welwillendheid.

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page