top of page
  • Uitmelkbos

Die ** in **-la-lá

Die Kwesbares, deur Steve Hofmeyr. Resensent: Jean Meiring (Rapport Boeke) Sjoe! Is dit nie lekker om weer ’n resensie deur Jean Meiring te lees nie? Boonop ’n lekker uitddagende standpuntstellng. Hofmeyr laat die bekende ou p••sboekies herleef, sê hy. Hofmeyr (die antitesis van Afrikaanse woke) is boonop ’n skitterende verteller, ’n besonderse stilis en ’n meester van die onvoorspelbare verwikkeling. Sy hoofkarakter is seksis en anti-Sermiet, maar Meiring verduidelik hoekom hy uiteindelik die boek gloeiend aanbeveel. Ontleed mens sy resensie, is dit duidelik dat dit hier gaan om die genieting van die leeservaring, die vlugte van die verbeelding in ’n veelheid van registers: aksie, geweld, die vreugdes van die vlees. Meiring is nie apologeet vir Hofmeyr die politieke aktivis nie, hy is ’n hedonis wat sy plesier uit die genot van lees put, van Mark Condor se dae al. En as jy dan sy resensies van ernstiger literatuur in herinnering roep, verstaan jy dat dit gaan oor uiteenlopende kante van die Afrikaanse lektuur. As jy die een geniet, beteken dit nie noodwendig dat die ander minder bevrediging bring nie. Inteendeel.

Ou laaie, deur Fanie Olivier. Resensie: Joan Hambidge. (Boeke24) Crito het al in die verlede lof aan Joan Hambidge toegeswaai; hierdie keer kan ek nie. Die paragrawe kom soos los gedagtes verby. Van argumentering is daar net so min as van unieke styl sprake. Mens sou dikwels met ’n asterisk tussen paragrawe kon aandui dat die volgende opmerking los gaan staan van die voorafgaande. Die verskillende opmerkings is nooit van só ’n aard dat mens voel die resensent het diepgaande insig in die bundel onder hande nie. Fanie Olivier kan gebelgd voel hieroor. Dit is beslis nie op die hoë peil waarop Hambidge al vantevore met resensies beweeg het nie.

Luistervink, deur Madré Marais. Resensie: Clari Niemand. (Boeke24) Clari Niemand vind nog haar voete as resensent. Woorde kom nog té maklik. As mens sê ’n bundel kortverhale is ’n kragtoer, dan moet die res van die resensie daardie bruisende evaluering onderskryf. Die resensent moet laat waai, by wyse van spreke. Hier gebeur dit nie.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comentarios


bottom of page